Die Brandwag
aan
Menno ter Braak

Johannesburg, 2 mei 1939

2 Mei 1939.

Dr. Menno ter Braak,

Kraaienlaan 36,

DEN HAAG.

Hooggeagte Doktor,

Ons dank u baie hartlik vir u vriendelike en gewaardeerde brief van die jongste datum. In antwoord op u vrae kan ons u net kortliks meedeel dat DIE BRANDWAG 'n algemeen-kulturele Afrikaanse weekblad is wat veral besonder wyd-verspreid in Transvaal en die Vrystaat gelees word. Ons geniet die medewerking van alle Afrikaanse skrywers, veral prof. dr. C.M. van den Heever, wie se werk gereeld in ons blad verskyn. Ons het ons in die afgelope twee jaar besonder daarvoor beywer om die bande met Nederland en Nederlands te versterk en tot sover het ons feitlik weekliks kort aantekeninge van W. Hessels, die Nederlandse digter, tans woonagtig in Pretoria, geplaas, hoofsaaklik oor literere aangeleenthede. Die aantekeninge wil ons besonder graag aanvul met 'n maandelikse brief uit u pen, by voorkeur van algemeen-kulturele strekking. So 'n brief moet uit die aard van die saak 'n inniger en deurgrondender Nederlandse karakter hê en van veel hoër waarde wees as enige aantekeninge wat hier in Suid-Afrika geskryf word.

By benadering sou u brief 'n lengte van omtrent 2,000 tot 3,000 woorde moet hê. Sou 'n honorarium van £3.3. per brief u geval?

Besonder graag verneem ons ten spoedigste verder van u.

Met die meeste hoogagting,

Die uwe,

A.M. van Schoor

REDAKTEUR.

Origineel: Den Haag, Letterkundig Museum

vorige | volgende in deze correspondentie
vorige | volgende in alle correspondentie